Akademia
'n Vaste fondasie vir hoër onderwys in Afrikaans.
Kanton en Akadmia span saam vir die ontwikkeling van 'n wêreldklas universiteitskampus in die ooste van Pretoria. Met 'n kapasiteit vir 5,000 voltydse studente word die ontwikkeling beoog om in 2028 oop te maak.



‘n Nuwe horison vir die volgende geslag studenteG
Afrikaans as moedertaal onderrig is toenemend onder druk aan openbare universiteite regoor Suid-Afrika. Daar is 'n groeiende behoefte aan 'n uitnemende hoër onderwys instelling in Afrikaans soos Akademia.
Akademia staan gereed om in hierdie behoefte te voorsien met 'n wêreldklas universiteiskampus in die ooste van Pretoria. In noue samewerking met Kanton beoog Akademia om vir die eerste keer hul deure in 2028 op die kampus te open.
Ons toekoms: belê, bewaar, bou.
‘n Belegging in die volhoubaarheid 'n nuwe Afrikaanse universiteit is tekenend van die voortlewendheid van ons taal, one toekoms en wie ons is.
Raak betrokke“Studentelewe by Akademia het dit ten doel om 'n tuiste te skep waar studente se hart en denke geïntegreerd kan ontwikkel en ons is daartoe verbind om, soos reeds die geval is by ons kampusse in Centurion, ook hier in die ontwikkeling van volronde studente te belê."
Marthinus Visser,
Besturende Direkteur: Akademia
Kanton en Akademia:
’n vennootskap tussen kultuur en kapitaal.
instellings. Die vennootskap tussen kultuur en kapitaal bevorder die kulturele doelstellings van gemeenskapsinstellings deur volhoubare leefruimtes aan hulle te voorsien.
As ’n volwaardige eiendomsbeleggingsmaatskappy strewe Kanton daarna om leefruimtes vir die Afrikaanse gemeenskap te ontwikkel en bied beide ’n finansiële en kulturele opbrengs vir sy beleggers.
Deel in hierdie dinamiese vennootskap. Word 'n mede-toekomsbouer.



