Akademia:
Jou nuwe studietuiste.

Kanton en Akadmia span saam vir die ontwikkeling van 'n wêreldklas universiteitskampus in die ooste van Pretoria. Raak betrokke en word 'n mede-toekomsbouer van Afrikaanse hoër onderwys.

Sien projek
Nuutste projek

Leefruimtes vir Afrikaans

Kanton bemagtig instellings in die Afrikaanse gemeenskap deur die voorsiening van innoverende oplossings in eiendom.

Leer meer

Sol-Tech:
Uitnemende vakmanskap

Die uitnemende Sol-Tech kampus is 'n fantastiese voorbeeld van Kanton se vermoë om leefruimtes te skep vir Afrikaanse instellings deur die suksesvolle oprigting, ontwikkeling en bestuur van eiendomme.

Sien projek
Bestaande projek

Belê en bewaar: word 'n toekomsbouer.

‘n Belegging in die volhoubaarheid van Afrikaanse hoër onderwys is ‘n stuiwer in die armbeurs van Afrikaner-wees: die voortlewendheid van ons taal en ons toekoms.

Kanton span saam met Akademia om 'n nuwe, wêreldklas kampus te bou waar duisende studente hulle tersiëre onderrig sal voltooi.

Koester jou kultuur. Kapitaliseer op die toekoms.

Word 'n mede toekomsbouer.

Nuutste projek

’n Lewende
vennootskap tussen
kultuur en kapitaal.

Kanton Beleggings het ontstaan vanuit 'n innoverende benadering tot die ondersteuning van kulturele instellings.

Die eiendomsbeleggingsmaatskappy ontwikkel leefruimtes vir die Afrikaanse gemeenskap, terwyl dit beide ’n kulturele en finansiële opbrengs vir sy beleggers bied. Kanton is die dryfkrag agter innoverende vennootskappe, wat fokus op die verskaffing van volhoubare eiendomsoplossings vir ‘n voorspoedige Afrikaanse gemeenskap.

Bemagtig Afrikaanse instellings

Deur eiendomme vir Afrikaanse instellings te ontwikkel word eietydse leefruimtes gevestig waar toekomstige generasies kan groei en floreer.

‘n Finansiële opbrengs

'n Belegging in Kanton se eiendomsportefeulje bied die geleentheid vir finansiële groei en die opbou van volhoubare welvaart.

‘n Betekenisvolle kulturele dividend

'n Belegging in Kanton skep leefruimtes vir die oordrag van taal, kultuur en waardes vir die Afrikaanse gemeenskap.

Gevestigde vennootskappe.
Bewese uitnemendheid.

Kanton Beleggings is as eiendomsbeleggingsmaatskappy vanuit die Solidariteit Beweging se eiendomsportefeulje opgerig.

Kanton het reeds bewys dat daar met uitnemendheid uitvoer gegee kan word aan die ontwikkeling van nuwe projekte. Kanton bedryf die groeiende portefeulje winsgewend deur die lewering van eiendoms- en fasiliteite bestuursdienste.

R402 miljoen

Totale waarde van die portefeulje

31,140 ㎡

Gemeenskaplike vloer oppervlak

Ons
projekte

Bestaande projek

Vakmanskap vir 'n indiensneembare toekoms.

Sol-Tech fokus op beroepsopleiding wat tot die verwerwing van nasionaal erkende kwalifikasies lei. Die totale ontwikkeling van die kampus is op tyd en binne begroting afgelewer.

Leef in Afrikaans. Belê in Afrikaans.

Kanton bied jou die geleentheid om deel te word van die antwoord.

Jou betrokkenheid in Kanton se werk verteenwoordig 'n geleentheid om nie net 'n toekomstige finansiële opbrengs te verdien nie, maar ook 'n waardevolle kulturele dividend deur 'n toekoms vir Afrikaans te verseker.

Skryf in, raak betrokke en bou saam aan leefruimtes vir Afrikaans.

+27 (0)12 111 0107
info@kanton.co.za

Southdowns Kantoorpark, Blok C, Kareestraat 22, Centurion, 0123